Magika

By Laeticia Marais-Hugo

Magika
Preview available
Laeticia Marais-Hugo vind jy meestal met haar neus in ’n boek. Die boek is waarskynlik ’n fantasie roman wat handel oor ’n tawwe heldin wat gatskop, haar eie swaard swaai en nie wag vir ’n prins op ’n wit perd om haar te kom red nie. Van jongs af het Laeticia lugkastele gebou oor towerwêrelde met drake, prinse en stories met gelukkige eindes. Sy dig onder die skuilnaam, Laia Mais, en hoewel poësie en prosa baie naby aan haar hart lê, was een van haar grootste drome nog altyd om ’n romantiese boekereeks te skryf. Deur die dag is sy ’n mamma van twee woelwaters, maar saans wanneer haar gesin ingekruip het en die res van die wêreld slaap, doen sy waarvan sy die meeste hou: sy skryf haar hart uit. Wanneer jy haar nie agter haar rekenaar vind met haar kop in die wolke nie (wat gans te weinig is) hou sy daarvan om te draf en fi ets te ry, langs die see te stap of saam met haar vriendinne G&T’s te drink (wat gans te dikwels is). Sy woon in Langebaan saam met haar prins van ’n man en twee kinders.

Book Details